
Diesel verbruikers kry dié keer ‘n effense sug van verligting by die brandstofpompe. Diesel van alle grade se prys daal Woensdag met 4c per liter. Dit is die eerste daling van die dieselprys sedert Maart.
Petrol van alle grade word egter met 2c per liter duurder – die vyfde opeenvolgende maand dat daar meer vir petrol betaal sal moet word.
Gas se prys word ook duurder met 2c per kilogram en paraffien verhoog met 5c per liter.
Dit beteken diesel kos nou R14,42 per liter in Gauteng, en R13,94 aan die kus.
Petrol kos van Woensdag af R14,42 in Gauteng en R15,45 aan die kus.
Gas se maksimum kleinhandelprys sal R25,59 per kilogram wees in Gauteng, en R23,56 aan die kus. Vir paraffien gaan jy R9,49 per liter in Gauteng betaal, en R8,89 aan die kus.



