NewsNews

Amnestietydperk vir vuurwapenlisensies oppad

Die VF Plus sê in ‘n verklaring hulle verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, om ‘n amnestieperiode van ses maande van die parlement aan te vra waartydens onwettige vuurwapens ingehandig kan word by die polisie.

Die VF Plus sê in ‘n verklaring hulle verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, om ‘n amnestieperiode van ses maande van die parlement aan te vra waartydens onwettige vuurwapens ingehandig kan word by die polisie.

Hulle sê die verlede het aangetoon dat geen vuurwapen wat ingehandig is vantevore in ʼn misdaad gebruik is nie en dit as bewys dien dat ‘n amnestie misdadigers nie aanspoor om hul wapens in te handig nie.

Hierdie amnestieperiode bied egter ‘n geleentheid aan vuurwapeneienaars, wat nagelaat het om betyds aansoek te doen om die hernuwing van hul vuurwapenlisensies, om van nuuts af aansoek te doen vir ʼn lisensie vir dieselfde vuurwapen.

Min. Cele se voorstel is dat die amnestie-periode van 1 September vanjaar tot aan die einde van Februarie 2019 moet geld.

Die proses wat nou moet volg, is dat die besluit eers op 16 Augustus deur die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie goedgekeur moet word, en daarna deur die nasionale vergadering.

Dié amnestieperiode is ook ʼn gulde geleentheid vir eienaars van vuurwapens, waarvan die lisensies reeds veral het, om die wapens in te handig en daarna ook deur middel van ʼn nuwe lisensie-aansoek eienaarskap van die vuurwapen te kan kry.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, doen ʼn beroep op vuurwapen-eienaars wat nagelaat het om betyds aansoek te doen vir die hernuwing van hul lisensies, om hierdie geleentheid te gebruik om wel aansoek te doen om sodoende nie hul wapens te verloor nie.

Related Articles

Back to top button