NewsNews

NDBV vat perde by weermag: Mense kan perde aanneem

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag en Dinsdag beslag gelê op 69 perde by die Spesiale Infanterie Vermoë-eenheid in Potchefstroom.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag en Dinsdag beslag gelê op 69 perde by die Spesiale Infanterie Vermoë-eenheid in Potchefstroom.
Dit volg nadat die NDBV in April vanjaar bevind het dat perde by dié eenheid besig was om weens hongersnood te vrek. Vyf en twintig perde is toe al van kant gemaak weens die swak toestand waarin hulle was.

“Daar was geen voer vir die perde nie en hulle moes grond en hul eie ontlasting eet,” het Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, gesê.

Volgens haar is die perde na ’n plaas in Gauteng geneem. “Dit was ‘n emosionele ervaring om te sien hoe die perde hulle nuwe omgewing verken.
“Hulle het besef dat hulle in ‘n plek van veiligheid was, ‘n plek waar hulle versorg sou wees,” het Meredith gesê. Volgens haar kan die perde by die NDBV aangeneem word.

Die perde is na ‘n plaas in Gauteng geneem waar hulle versorg sal word Foto: Verskaf

“Mense wat belangstel kan per e-pos aansoek doen by nspca@nspca.co.za. Die versorging van die perde is nie goedkoop nie. Dit plaas druk op ons reeds beperkte hulpbronne. Mense wat skenkings wil maak vir die perde, kan die webtuiste https://nspca.co.za/donate/ besoek en ‘Army Horses’ as verwysing gebruik,” het sy gesê.
Die SANDF het bevestig dat hulle toestemming gegee het vir die NDBV om die perde aan te neem.

Related Articles

Back to top button