
Vrystaat Versoring in Aksie se Broodjiedag word vanjaar van 25 tot 27 Julie gehou. Het jy al ‘n brood vir iemand in nood gegee? Kom wees deel van hierdie projek wat harte raak en verligting bring vir sovele in nood.
Jy kan enige brood wat jy bereid is om te skenk afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat. Vanjaar word gepoog om 600 brode in te samel. En jy kan seker wees VVA sal sorg dat dit versprei word na waar daar nood is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



