LetterOpinions

’n Kombers vir die winterkoue

Annetjie Raubenheimer van Mobiele Etes in Parys skryf: Twee weke gelede het die eerste ryp reeds dik gelê op oop erwe in Parys. Ek is seker daarvan dat die meeste van ons reeds ons duvets en elektriese komberse uitgehaal het. Hoe bevoorreg is ons nie!Weet u dat daar mense is wat in ons dorp op …

Annetjie Raubenheimer van Mobiele Etes in Parys skryf:

Twee weke gelede het die eerste ryp reeds dik gelê op oop erwe in Parys. Ek is seker daarvan dat die meeste van ons reeds ons duvets en elektriese komberse uitgehaal het. Hoe bevoorreg is ons nie!Weet u dat daar mense is wat in ons dorp op koue sementvloere slaap met net een kombers? Andere slaap in geboue waar daar geen ruite is nie op ou wankelrige beddens.

Wil u nie asseblief uitreik na diesulkes in ons gemeenskap deur ’n kombers te skenk aan Mobiele Etes nie? Indien u deel wil wees om andere se nood te verlig, kan u my skakel by 082 332 0969 of ‘n direkte bankdeposito maak. Gebruik “Kombers projek” as verwysing. Mobiele Etes se bankbesonderhede is as volg: Mobiele etes, Absa tjekrekening, Parys, rekeningnommer 405 272 7416. U hulp sal hoog op prys gestel word. Ek kan ook aan u die versekering gee dat dit by mense sal uitkom wat werklik nood het en ’n behoefte aan ’n warm kombers het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button