NewsNews

Nuwe Eskom-krisis wag dalk vir Ngwathe

Opposisie raadslede binne die Ngwathe munisipaliteit is bekommerd oor óf ’n  nuwe Eskom-krisis Ngwathe se voorland is. Dit nadat dit blyk dat die  munisipaliteit hom nie hou by sy reëlings wat verlede jaar met Eskom aangegaan is oor maandelikse afbetalings op die munisipaliteit se enorme kragskuld nie. Die agterstallige skuld was in Mei reeds R959 …

Opposisie raadslede binne die Ngwathe munisipaliteit is bekommerd oor óf ’n  nuwe Eskom-krisis Ngwathe se voorland is. Dit nadat dit blyk dat die  munisipaliteit hom nie hou by sy reëlings wat verlede jaar met Eskom aangegaan is oor maandelikse afbetalings op die munisipaliteit se enorme kragskuld nie. Die agterstallige skuld was in Mei reeds R959 miljoen.
“Daar is ooreengekom dat die munisipaliteit vir eers verminderde afbetalings aan Eskom mag doen sodat oorbrugde en defekte voorafbetaalde meters vervang kon word,  sê rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus. Die nuwe meters sou dan die munisipaliteit se inkomste uit elektrisiteitsverkope verhoog.
Van der Merwe sê soos wat die inkomste vermeerder sou toenemend meer afbetalings aan Eskom gemaak word, maar toe kom die nuwe meters nie.  Hy sê die verhoogde afbetalings aan Eskom is “eenvoudig nie haalbaar tensy die munisipaliteit sy huidige lae inkomste uit kragverkope verhoog nie,”
Ngwathe se stadsraad het ’n jaar gelede reeds formeel besluit die burgemeester se Eskom-taakspan sou met ander staande komitees, die meriete van nuwe meter installerings ondersoek, asook die munisipaliteit se vermoë om dit in bedryf te stel. Daarna sou gereeld aan die raad verslag gedoen word. “Daarvan het eenvoudig niks gekom nie,” sê Van der Merwe. Hysê die taakspan het selde vergader, ten spyte van gereelde versoeke deur hom en DA-raadslid, Arnold Schoonwinkel, die ander opposisielid op die taakspan.
Schoonwinkel sê op sy beurt die taakspan is effektief lam gelê. Volgens hom is een rede dat die taakspan selde vergader terwyl daar gehoop is dat met Ngwathe se skuldkrisis daar minstens twee maal per maand vergader sou word.
Wanneer hulle vergader sê hy dat amptenare onvolledige inligting ter tafel gelê het. “Ons moes besluite telkens sonder vordering uitstel, en die amptenare opdrag gee om volledige en sinvolle inligting te gaan voorberei.”
Hy sê burgemeester Joey Mochela het die swak werk van amptenare gekritiseer, maar sonder sukses.
Die taakspan het verlede maand kortliks ontmoet, en burgemeester Mochela het amptenare gevra vir ’n volledige verslag oor die Eskom-krisis vir ‘n nuwe vergadering rondom 18 Julie.
Verlede week was daar geen verslag en geen vergadering nie, sê rdl Van der Merwe. Hy sowel as rdl. Arnold Schoonwinkel dring nou opnuut aan op inligting. “Die burgemeester moet haar gesag laat geld en die amptenary so ver kry om ‘n volledige verslag oor ‘n moontlik dreigende krisis aan die taakspan voor te lê,”
Daarna  moet die raad en die publiek ingelig word oor die risiko’s wat dit inhou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button