News

Broodjiedag – jy kan dié week ‘n verskill maak!

Jy kan 'n verskil maak!

Wanneer dit winter is, is jy mos ekstra honger. Veral saans wanneer dit koud en donker is. Ons hoef nie Hillbrow toe te gaan om ware hongerte en ellende te sien nie.
In Parys, soos in baie ander dorpe, is daar soveel mense wat regtig swaarkry. Hoe bitter moet dit nie wees om ‘n kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt skool toe?
Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie die Broodjiedag-projek ’n paar jaar gelede begin het.
Op hierdie dag word daar gepoog om sover moontlik ‘n brood te voorsien in elke huis in Parys waar daar nood is.
Vanjaar sal Broodjiedag egter oor drie dae in Parys gehou word, van 25 tot 27 Julie.
Daarom vra VVA dat almal wat kan, asseblief op hierdie dae sal help om ’n verskil te maak. Omdat bydraes oor drie dae ontvang word, sal dit anders as met die projek in die verlede waar tot 460 brode op dié dag kort voor ’n naweek ontvang is en dan moes staan, nou dadelik versprei kan word.
Jy kan jou bydrae afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat, Parys. Vanjaar sal gepoog word om 600 brode bymekaar te maak. Verlede jaar is 466 brode ontvang.
Hoërskool Parys onder leiding van Marli Kruger en Waldo Keyser het binne ’n dag100 brode kon insamel – niks is onmoontlik nie.
Nie een enkele brood sal verlore gaan nie, maar word versprei na hulle wat nood het.
Die projek kan egter net slaag met die gemeenskap se ondersteuning. Kom ons help hulle wat minder het as ons.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button