LifestyleReligion

Bybelse Psalmtemas uitgebeeld in wonderstukke

Bybelse Psalmtemas uitgebeeld in wonderstukke

Elana Bettings kom kuier op 26 Julie in Potchefstroom met ’n produksie wat deur skilderye van die bekende Nederlandse skilder, Anneke Kaai, geïnspireer is.
Elana kon onder leiding van die Heilige Gees woorde en nuwe melodieë kry om te pas by Anneke se skilderye waarin sy Bybelse Psalmtemas uitbeeld. Elana vertel hoe die talente van vier hedendaagse kunstenaars saamgevoeg kon word om beeld en klank te voeg by die eeue-oue woorde van die psalmis, Dawid, soos dit in die Afrikaanse Bybel weergegee is. Christa Steyn het Elana se melodieë vasgevang in hemelse klanke wat tans nog nie algemeen bekend is nie, en Alna van der Watt se sangstem vertolk die tekste aangrypend.
Die Gereformeerde Kerk Potch Bult se Omgeegroep vir Seniors span saam met Woordkafee om ’n oggend van musiek en kuns tot eer van die Here aan te bied in die GK Bult se saal op die hoek van Molen- en Borcherdsstraat. Dit begin om 10:00 vir 10:30 en die kaartjies teen R50 elk sluit verversings in.
Kaartjies is tussen 08:00 en 13:00 beskikbaar by die kerkkantoor van GK Bult in Borcherdsstraat by (018) 297 4843 en GK Potch-Oos by (018) 290 7690. Enige navrae kan gedoen word by Woordkafee by 082 403 5130.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button