Die land se gunstelingfees, die Aardklop Nasionale Kunstefees, gaan binnekort weer Potchefstroom se strate kom versier met ’n kleurvolle kunste-sensasie.
Vanjaar se Aardklop-program is Dinsdagaand (17 Julie) by Two Owls gastehuis bekendgemaak en Potchefstromers het weer die geleentheid om heel eerste kaartjies vir die talle vertonings en produksies te koop.
Volg hierdie skakel om jou Aardklop program te kry:
Hoewel kaartjieverkope landwyd eers op 23 Julie oopmaak, kan Potchefstromers reeds van Vrydag 20 Julie hul Aardklop kaartjies by Ticketpro se webblad koop deur gebruik te maak van die kode: PLAASLIK2018
You can read the full story on our App. Download it here.