NewsNews

Koperdiewe saboteer ook rivierpompstasie

Koperdiewe saboteer ook rivierpompstasie

Terwyl die Ngwathe munisipaliteit verlede Dinsdag nog gesukkel het om die skade te herstel nadat koper uit ‘n mini-substasie in Conroystraat gesteel is, is die munisipale rivierpompstasie vir die dorp se rioolwerke ook deur koperdiewe gesaboteer.
‘n Pluimpie vir die munisipale bestuurder en die tegniese span, is dat die skade wat eers om 11:00 die oggend ontdek is, reeds teen 16:30 herstel was.
Stukkies koper op die pompstasie-motor is gesteel, asook op die kabel wat na die motor loop. Die gevolg was dat die pompstasie nie na die rioolwerke kon pomp nie. Selfs die diesel kragopwekker by die pompstasie is  gesaboteer met stukkies koper wat uitgehaal is.


Hoewel die skade by die pompstasie meer as R200 000 beloop, sou die koper wat hier gesteel is, bes moontlik nie eers vir R200 verkoop kon word nie, is gesê.


Die afgelope paar weke is koper reeds uit vier mini-substasies in Parys gesteel.
Die skade – minstens R400 000 per mini-substasie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button