News

Toetse gedoen na waarskuwings oor riool in Vaal

Die jongste oor Vaal-rioolbesoedeling

Terwyl daar verlede week nog ernstig gewaarsku is oor die gevolge wat gevreesde rioolbesoedeling van die Vaalrivier kan inhou, veral ook vir inwoners van die Vrystaatse dorp, Parys, wat sy drinkwater direk uit die Vaalrivier onttrek, is toetse na wat verneem is, intussen gedoen wat toon dat die waterwerke in Parys effektief genoeg funksioneer om die bakteriële besmetting te kan hanteer.
Gazette het uit betroubare bronne verneem dat die toetse wat op 12 Julie by die uitlaat van die waterwerke gedoen is, 0 getoets het vir beide die e.coli en bakteriële tellings.
Save the Vaal het ook reeds samesprekings gevoer met die Gautengse premier se spesiale adviseur, en lede van die span wat aangestel is om ‘n omkeer strategie vir Emfuleni Munisipaliteit in Vanderbijlpark in plek te kry. Volgens Maureen Stewart van Save the Vaal Environment, was die vergadering positief en word nou gewag op aksie.
Verskeie inwoners het verlede week die skuimerigheid in die rivier opgemerk en foto’s en video’s hiervan na Gazette gestuur.
Stewart het daarna op 10 Julie in ‘n skrywe namens Save oor die Emfuleni-rioolkrisis gesê dat die gemeenskap van Sebokeng verhinder het dat werkers toegang kry tot die Sebokeng rioolsuiweringsaanleg, weens ‘n dispuut oor werksgeleenthede vir konstruksiewerkers by die aanleg. Volgens die skrywe het daar gevolglik daagliks 150 megaliter se rou (onbehandelde) riool in die Rietspruit en Vaalrivier ingeloop, en het dit na bewering al ‘n maand lank gebeur. Daar is in die brief gesê dat dié riool dan stroomaf na Parys vloei waar mense suiwer van die rivier se water afhanklik is vir drinkwater.
Die Emfuleni Munisipaliteit is tans gedeeltelik onder administrasie van die Gautengse Wetgewer. Beide die Gautengse Wetgewer en Departement Waterwese en Sanitasie is oor die situasie in kennis gestel.Save het vroeër ook gesê die krisis hou ernstige gesondheidsgevare in afgesien van die omgewingskade wat dit aanrig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button