NewsNews

Sy was ‘n mense-mens met ‘n lag wat jou kon laat saamlag

Waar sy gekom het, het sy ‘n indruk gemaak. Iemand wat maklik en baie kon lag, maar ook iemand wat net so ernstig kon raak en haar sê kon sê oor wat haar na aan die hart gelê het – of dit nou die skool, koshuis, kerk of politiek was. Nicolene Pienaar het met oorgawe …

Waar sy gekom het, het sy ‘n indruk gemaak. Iemand wat maklik en baie kon lag, maar ook iemand wat net so ernstig kon raak en haar sê kon sê oor wat haar na aan die hart gelê het – of dit nou die skool, koshuis, kerk of politiek was.

Nicolene Pienaar het met oorgawe gelewe.

Nicolene is Maandagaand 16 Julie in haar slaap aan ‘n hartaanval oorlede. Sy was 63.

In die 38 jaar wat sy in Parys was, het sy talle vriende gemaak – van die dag wat sy en haar man, Tjaart van Welkom na Parys verhuis het.

Aanvanklik eers as sakelui toe sy en Tjaart die Kraaines Pandjieswinkel en Parys Gas gehad het, maar later ook by die skool en koshuis waar Nicolene vir baie jare haar plekkie volgestaan het. Ná Tjaart se dood 11 jaar gelede, was sy ‘n tyd uit die dorp, maar met haar terugkeer het sy weer by die koshuis kom uithelp.

Of dit in ‘n publieke vergadering, vir die destydse Nasionale Party of die Moedergemeente basaar was – sy was daar. ‘n Mense-mens vir wie haar gemeenskap baie beteken het.

Haar spontane geaardheid en lekker lag sal verseker gemis word.

Die begrafnis sal waarskynlik Dinsdag 24 Julie wees. Nicolene word oorleef deur haar dogters Eloise en Mari-Lize, haar kleinkinders Cara en TJ en vyf susters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button