NewsNews

Man agt keer lewenslank tronk toe na kinderverkragting

Man agt keer lewenslank tronk toe na kinderverkragting


‘n 47–Jarige man wat sy 15–jarige broerskind in Brits verkrag en swanger gemaak het is Vrydag (13 Julie) tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat hy drie ander kinders wat onderskeidelik 8, 10 en 11 jaar oud is ook verkrag het. Een van die slagoffers was sy stiefdogter.

Die man se identiteit kan nie bekend gemaak word nie sodat sy slagoffers beskerm word. Volgens kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, het die man sy broerskind in Mosambiek gaan haal waarna hy haar na Brits gebring het. Die man het vir haar werk belowe. Terwyl sy in Brits was het hy haar herhaaldelik verkrag. Sy het swanger geword met sy kind. Bloedtoetse het bevestig dat die man die pa van die kind is.

Lt. gen. Baile Motsweyane, provinsiale kommisaris, het die ondersoekspan geluk gewens met die goeie werk wat hulle gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button