NewsNews

Kragtoevoer herstel

Krag weer herstel

Alle kragtoevoer na huise in die omgewing van Conroy- en Frolichstraat behoort nou herstel te wees. Indien jy in die omgewing woon en steeds kragprobleme ondervind, skakel asseblief die munisipaliteit en rapporteer dit.

Inwoners by Basa Park behoort ook later vandag weer krag te hê.

Die kragonderbreking in die omgewing van Conroy, Frolich en Schilbachstraat reeds sedert 24:00 Maandag 9 Julie, was as gevolg van  koper  wat gesteel is uit ‘n mini-substasie.

Die mini-substasies word van bo af oopgebreek waarna die koper uitgehaal word. Ngwathe het in die verlede ook groot verliese gely as gevolg van die diefstal van oorhoofse elektriese kabels, ook vir koper.

Die kragonderbreking by Basa Park was egter weens ‘n vroeëre probleem wat ondervind is nadat kontrakteurs wat werk aan die rioollyn, ‘n kragkabel beskadig het.

Dankie aan die munisipaliteit se elektriese afdeling wat onverpoosd lang ure werk om die kragprobleme te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button