Alle kragtoevoer na huise in die omgewing van Conroy- en Frolichstraat behoort nou herstel te wees. Indien jy in die omgewing woon en steeds kragprobleme ondervind, skakel asseblief die munisipaliteit en rapporteer dit.
Inwoners by Basa Park behoort ook later vandag weer krag te hê.
Die kragonderbreking in die omgewing van Conroy, Frolich en Schilbachstraat reeds sedert 24:00 Maandag 9 Julie, was as gevolg van koper wat gesteel is uit ‘n mini-substasie.
Die mini-substasies word van bo af oopgebreek waarna die koper uitgehaal word. Ngwathe het in die verlede ook groot verliese gely as gevolg van die diefstal van oorhoofse elektriese kabels, ook vir koper.
Die kragonderbreking by Basa Park was egter weens ‘n vroeëre probleem wat ondervind is nadat kontrakteurs wat werk aan die rioollyn, ‘n kragkabel beskadig het.
Dankie aan die munisipaliteit se elektriese afdeling wat onverpoosd lang ure werk om die kragprobleme te herstel.