NewsNews

Vermeende Pilanesberg renosterstroper in hof

'n Man wat op 2 Julie in hegtenis geneem is nadat ses renosterhorings en onwettige vuurwapens in sy besit gevind is sal Donderdag (12 Julie) weer in die Mogwase landdroshof verskyn.

 

‘n Man wat op 2 Julie in hegtenis geneem is nadat ses renosterhorings en onwettige vuurwapens in sy besit gevind is sal Donderdag (12 Julie) weer in die Mogwase landdroshof verskyn.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, word Arnelo Mhlanga (39) van besit van renosterhoring en besit van onwettige vuurwapens en ammunisie aangekla. Hy het reeds op 4 Julie in die hof verskyn.

 

Dit volg nadat hy op 2 Julie tussen Sun City en Madikwe in hegtenis geneem is. Volgens Botma het wildbewaarders van die Pilanesberg natuurreservaat Mhlanga saam met twee ander mans gesien. Die groep was in ‘n bakkie op pad uit die reservaat.

Die bewaarders het die bakkie gevolg waarna hulle vir die bewaarders begin wegjaag het. Tydens die jaagtog het die mans met ‘n boom gebots waarna die polisie daarin kon slaag om een van die drie in hegtenis te neem. Die ander twee mans het gevlug. Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat Mhlanga met nog ‘n geval van renosterstropery wat in die Pilanesberg gebeur het verbind kan word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button