SportSport

Luiperds wil groot spanne op Olënpark hê

Om weer die WP, die Leeus, die Blou Bulle, Cheetahs en al daardie groot spanne op Olënpark in aksie te sien.

Om weer die WP, die Leeus, die Blou Bulle, Cheetahs en al daardie groot spanne op Olënpark in aksie te sien.

Wen die Luiperds die kwalifiserende rondes is dit presies wat sal gebeur en sal mense hopelik weer stroom na dié tradisieryke ou stadion waar soveel helde al in die ou Wes-Transvaal kleure gebore is. Rugby op Olënpark het die laaste paar jaar beslis aan die agterspeen gesuig wat ondersteuning betref, maar skaar jou maar agter die oud Springbok-skrumskakel Du Preez en sy troepe. Hulle is op ‘n missie en het ‘n plan. Die eerste tuiswedstryd is op 20 Junie teen die Valke. Dié dag sal afskop met ‘n reuse Welpiedag wat sal voortduur tot net voor die afskop van die groot wedstryd om 14:30. ‘n Feestelike atmosfeer word vir die dag beplan.

Om dit die moeite werd te maak om weer rugby op Olënpark te gaan kyk, loods die Luiperd Rugbyunie ‘n paar kompetisies wat die besoek die moeite werd sal maak. ‘n Skaap, bees en bier kan gewen word. Koop jou rugbykaartjie, hou die stukkie wat afgeskeur is by die hek en luister halftyd mooi vir die nommers wat getrek word.

Rugbyballetjies sal tussen die skare ingeskop word en die Luiperds se splinternuwe ondersteunerstruie sal te koop wees. Die Luiperds se mascot met sy manewales gaan die kinders weer vermaak, daar sal gesigverf wees en toegang vir alle skoolkinders is gratis. Toegang vir volwassenes en studente is R10. Die eerste 50 studente wat hul studentekaarte wys kry elk ses biere gratis.

Bepalings vir die kwalifiserende rondes:
12 Junie: vs Arende (George)
20 Junie: vs Valke (Olënpark, 14:30)
27 Junie: vs Griekwas (Olënpark, 14:30)
11 Julie: vs Griffons (Welkom)
18 Julie: vs Boland (Olënpark, 14:30)
24 Julie: vs Grens (Oos-Londen)

Related Articles

Back to top button