NewsNews

Kyk wie op jou grond beweeg

Grondeienaars word ernstig gewaarsku om seker te maak wie op hul grond beweeg. Dit het al in die verlede gebeur dat van skape tot gereedskap en boorgatpompe spoorloos verdwyn het wanneer mense toegang tot plase gekry het vir ander doeleindes. So gebeur dit dat grondeienaars gereeld toestemming gee vir byvoorbeeld mense wat dekgras op die …

Grondeienaars word ernstig gewaarsku om seker te maak wie op hul grond beweeg.
Dit het al in die verlede gebeur dat van skape tot gereedskap en boorgatpompe spoorloos verdwyn het wanneer mense toegang tot plase gekry het vir ander doeleindes.
So gebeur dit dat grondeienaars gereeld toestemming gee vir byvoorbeeld mense wat dekgras op die padskouers kom sny, en kort voor lank sny hulle ook op private grond.
Sodra daar klaar gesny is, word die kortgras deur die ywerige entrepreneurs aan die brand gesteek om volgende jaar weer nuwe loof te hê.
Dit skep ’n geweldige groot brandgevaar, veral in die droë wintermaande wanneer die brandrisiko reeds hoog is.
Dieselfde gebeur met bome soos witstinkhout, karee en blinkblaar wat afgekap word vir vuurmaakhout, veral saans en dan gelaai word voordat die grondeienaar dit weet.
Op die manier word soms selfs gate in heinings geknip waar vee en wild kan uitkom.
Maak seker of daar wel by onder meer die departement landbou toestemming gevra is, voor die afkap van bome en sny van dekgras toegelaat word.
Onthou dat enigeen wat jy op jou grond toelaat sonder behoorlike toesig, die deur oopmaak vir potensiële misdaad op jou grond.
Maak daarom goed seker voordat jy toestemming gee, presies wie op die grond sal wees en vir watter periode.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button