News

Hartroerende gesig toe noodpakkies ontvang word

Groot dankbaarheid oor gemeenskap-uitreik

Terwyl talle Sassa-begunstigdes verlede week nie geweet het waar die kos op hul tafel vandaan sou kom, met maandelikse Sassa-toelae wat óf net gedeeltelik of glad nie ontvang is nie, het We Care vrywilligers, sakelui en die gemeenskap van Parys, ingespring om ’n verskil vir hierdie mense te maak. Mense wat werklik afhanklik is van die toelae om te oorleef.
Wynand van We Care het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie-bederfbare voedsel bymekaar te maak, en is verskeie besighede waaronder Dolco Elektries, Battery Centre, Security Master, NG Parys-Oos, Renov en Parys Gazette se kantoor as afsetpunte geïdentifiseer waar bydraes verlede Vrydag afgegee kon word.
Ten spyte van baie moeilike ekonomiese tye was mense se harte oop en die bydraes het ingestroom. Saterdagoggend het vrywillige hande van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) die kosbydraes in pakkies opgemaak waar dit die middag deur meestal bejaardes afgehaal is – hartroerende gevalle, sommige wie dae laas iets te ete gehad het. Dankie aan elkeen wat gegee, gehelp, en geluister het na die nood van ander. Weet dat elke bydrae ’n verskil vir iemand gemaak het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button