NewsNews

Noue ontkoming toe ambulans in voertuig vasjaag

Noue ontkoming toe ambulans in voertuig vasjaag

Dit is die woorde van Natasha Stadler wat op 28 Junie ‘n noue ontkoming gehad het toe die bestuurder van ‘n provinsiale ambulans in haar vasgery het. Haar ma, Diana Pagel, haar sussie Desire O’Neill (10) en haar seuntjie Nicolai (1) was saam met haar in die voertuig. Natasha en haar ma was net na 07:00 op pad om die kinders by die skool af te laai toe die bestuurder van die ambulans wat oor ‘n rooi verkeerslig gejaag het, haar voertuig getref het. “Ek het uit Poolstraat gedraai tot by die middelman toe ek uit die hoek van my oog ‘n voertuig sien wat nie gaan stop nie. Ek het probeer om remme aan te slaan, maar dit was te laat.” Die ambulans het weens die impak verder in die pad op sy sykant tot stilstand gekom, terwyl Natasha se voertuig 180 grade gedraai het. “Ons voertuig het na die botsing in teenoorgestelde rigtings gekyk. Die ambulans het geen sirenes of noodligte aangehad nie. As die bestuurder by die verkeerslig gestop het, of selfs net stadiger gery het, sou ons die ongeluk waarskynlik vrygespring het,” sê sy. Natasha het haar bors en nek beseer en haar ma haar skouer. Die kinders is ongedeerd. Die bestuurder van die ambulans en die ander insittende is ook nie ernstig beseer nie. Volgens die betrokke ambulansdienste was daar geen pasiënt in die ambulans nie.

Die ongelukstoneel.

Natasha se motor is afgeskryf.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button