NewsNews

Só laat koperdiewe jou sonder krag sit

Misdaad laat jou sonder krag sit en kos die munisipaliteit derduisende.

Inwoners in die omgewing van Conroy- en Frolichstraat, sit reeds sedert 24:00 gisteraand (Maandag 9 Julie) sonder krag, nadat koper weer gesteel is uit ‘n mini-substasie. Die verwagting is dat sou daar parte gekry word, krag moontlik eers baie laat vanmiddag of selfs môre-oggend herstel sal word.

Die diefstal van die koper uit mini-substasies in Parys kos die Ngwathe munisipaliteit alreeds derduisende. In net 2 weke het 4 mini-substasies reeds deurgeloop. Die skade is nagenoeg R400 000 per substasie buiten die koste aan arbeid.

Wat egter nog meer kommerwekkend is, is dat parte nie geredelik beskikbaar is nie omdat dit so ‘n groot kapitale uitgawe is, en bykans die hele substasie vervang moet word. So kan dit tussen 6 tot 8 weke neem om ‘n substasie te bou, sou daar nie parte gekry kan word vir die beskadigde dele van die mini-substasie nie. Met die vorige diefstal was Ngwathe gelukkig om parte by ‘n kontrakteur te kon kry en is die kragtoevoer binne ‘n dag herstel.

Die mini-substasies word van bo af oopgebreek waarna die koper uitgehaal word. Ngwathe het in die verlede ook groot verliese gely as gevolg van die diefstal van oorhoofse elektriese kabels, ook vir koper.

 

Die bokant van die mini-substasie in Conroystraat wat eenvoudig oopgebreek word.

Op die foto kan die gedeelte van die mini-substasie gesien word waar die koper uitgehaal word.

 

Die agterkant van die mini-substasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button