
Met hul aankoms op die toneel het hulle die vragmotor en motor in die linkerkanste baan gevind, terwyl die bus in die veld, langs die pad, tot stilstand gekom het.
Talle mense het op die toneel rondgeloop, terwyl sommige gelê het. Die bestuurder van die motor en nog ‘n insittende het noodlottige beserings opgedoen. Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om hulle te probeer red, maar dit was tevergeefs.
Die ander 29 pasiënte is ondersoek, waarvan somige kritieke beserings opgedoen het en per helikopter hospitaal toe geneem is.
Die ander beseerdes is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



