
Die voorval waar ‘n vrou wat deur paramedici as dood verklaar is en in ‘n lykshuis in Carletonville wakker geword het, word deur die departement van gesondheid ondersoek.
Die vrou word tans in die Leratong hospitaal behandel. Die Herald se susterskoerant, Carletonville Herald, het bevestig dat beamptes van die departement verlede week Dinsdag (2 Julie) in dié dorp was om ondersoek in te stel. Die ongeluk waarin die vrou betrokke was is ook tans onderhewig aan ‘n polisie–ondersoek aangesien daar ander mense dood is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



