Photo GalleriesSport

Hulle roei die Vaal marathon

Knap gedaan Likkewane!

Drie Parysenaars, Herman Vogel (regs bo), en die broers Ruan en Sean van Pletzen (links en middel bo), het die afgelope naweek die baie uitdagende Vaal marathon geroei.

Op dag een moes roeiers 34km aflê, en nog 32km op dag twee. Shaun was tweede o.18 in ’n tyd van 7:35, terwyl Herman tweede was in die senior mans-afdeling in ’n  tyd van 7:56. Ruan eindig 1ste  o.16 met ’n  tyd van 8:02. Al drie is lede van die Likkewaan-kanoklub, waar Herman klubvoorsitter is. Roeiers wat wil deel word van die klub, kan Herman by 076 092 2566 kontak. Op die foto regs is Sean in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button