CommunityNews

Boeremark is lekker koop, kuier en eet

Onthou jy die dae van regte plattelandse Boeremarkte?

Pannekoek, roosterkoek, pap-en-niertjies, pap-en-kaiings, lewerkoekies, witblits en spoorweg koffie. Onthou jy die dae van regte plattelandse Boeremarkte? Met tuisgebak, gebottel, vars produkte en meer.
Deesdae spog Parys met ‘n eie Boeremark waar jy weer sal wil spore trap as jy eers hier geëet en gekuier het.
Die Sion Boeremark is die breinkind van past. Rinus van Sandwyk en Frik van Rensburg, voorsitter van die Kosmos Senior Klub. Die mark is juis geskep met die doel om vir die gemeenskap ‘n bemarkingsplatform te skep. Enigeen kan hier kom uitstal en hul produkte bemark om sodoende ‘n inkomste te skep. Terselfdertyd is die idee om produkte teen bekostigbare pryse te kan bied aan die gemeenskap.
Die mark word georganiseer en bestuur deur ‘n bestuurskomitee wat hoofsaaklik uit bestuurslede van die Kosmos Senior Klub bestaan.
Daar is 53 stalletjies beskikbaar wat almal al geneem is, en sal kort voor lank na ’n  groter perseel gekyk moet word, omdat daar ‘n waglys is van uitstallers.

Foto’s: Deon Terblanche.


Stalletjies is gratis, maar uitstallers betaal 10% van hulle verkope oor aan die mark om kostes te dek.
Die mark vind die laaste Saterdag van elke maand plaas op die hoek van Loop en St. Jan straat. Belangstellendes kan vir Frik van Rensburg by 082 439 9482 skakel, of stuur ‘n e-pos na fvr@icon.co.za Markure vir die wintermaande is 08:00 tot 14:00. ​

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button