NewsNews

Pensionarisse moet kennis neem

Kyk of jy kwalifiseer vir korting.

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag skriftelik gedoen moet word voor 31 Augustus. Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar, of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar van meer as een eiendom wees nie.
Die inkomste van die huishouding (dit wil sê applikant en gade) moet minder as R6 950 per maand wees. Kortings word as volg bereken: op ‘n inkomste van R0 tot R3 820 per maand 100%; op ‘n inkomste van R3 821 tot R4 220 per maand 40%; en op ‘n inkomste van R 4 221,00 tot
R6 950 per maand 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore asook van volgende week af by Parys Gazette se kantoor in Waterstraat in die Klipspruit Mall beskikbaar.
Pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig is welkom om rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus te skakel by 058 852 2041. Applikante moet verkieslik ‘n afskrif van die aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ‘n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button