CommunityNews

Melkkos in die mikro – net dié ding vir vanaand

Melkkos net die ding vir aandete

Raadop vir aandete. Dis koud genoeg vir melkkos en vinnig genoeg in die mikrogolf. Probeer bietjie dié flatervrye resep.

1 liter melk

180ml koekmeel

2ml sout

15 ml botter

kaneelsuiker

Mikrogolf die melk vir 10 minute in ‘n oop bak teen 100%.

Meng die koekmeel en sout.

Frummel die botter in die meel.

Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk.

Roer met ‘n draadklitser totdat klein klontjies gevorm het.

Mikrogolf sowat 4 minute by 100%. Klop elke minuut.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button