Raadop vir aandete. Dis koud genoeg vir melkkos en vinnig genoeg in die mikrogolf. Probeer bietjie dié flatervrye resep.
1 liter melk
180ml koekmeel
2ml sout
15 ml botter
kaneelsuiker
Mikrogolf die melk vir 10 minute in ‘n oop bak teen 100%.
Meng die koekmeel en sout.
Frummel die botter in die meel.
Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk.
Roer met ‘n draadklitser totdat klein klontjies gevorm het.
Mikrogolf sowat 4 minute by 100%. Klop elke minuut.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



