NewsNews

Oud-Parysenaar en sanger sterf

Oud-Parysenaar en sanger sterf.

Hessel van der Walt (68), bekende gospelsanger wat vir ‘n hele aantal jare in Parys gevestig was, is Maandagaand 2 JulieĀ  na ‘n kort siekbed, oorlede. Hy het kanker gehad.

Hessel se sangloopbaan het in 1983 begin, en kort daarna is sy eerste album, “Hessel, met liefde”, bekend gesel.

Daarna volg sy treffer, “Die lekkerste lekker”, en gee hy en sy sangmaat en dogter, Mariesia, saam hul bekroonde geestelike album, “Ek wil die Here loof!” uit.

Daarna het die Sama-benoemde album, “Simfonie met lof” op die rakke verskyn in 2005, en in 2012 hul laaste album, “10 000 Engele”. Die titellied hiervan is as gospelliedjie van die jaar bekroon – ‘n groot hoogtepunt vir pa en dogter.

Maar Hessel was nie net sanger en liedjieskrywer nie. Hy was radio-akteur, buikspreker, skrywer, motiveringspreker en geleentheidsprediker.

Terwyl hy in Parys was het hy en sy vrou, Etresia, begin met gereelde toere na Israel wat die egpaar gelei het tussen 2005 en 2017. Sedert 2010 het hy gereeld ook daar op uitnodiging saam met onder andere Angus Buchan en Isak Burger opgetree.

Hessel se begrafnisdiens is Maandag 9 Julie om 11:00 vanuit die NG Kerk Hartbeespoort. Hy word oorleef deur Etresia, Mariesia en haar twee seuns, Theodore en Hessel.

Parys sal Hessel onthou as ‘n baie meelewende mens.

 

Related Articles

Back to top button