NewsNews

BRRRRR…..dis koud!

Die koue is hier!

n Koue front wat vanaf die Wes-Kaap inbeweeg gaan jou dalk nog tot Woensdag dieper onder die komberse will laat inkruip.

Die koue sal aanvanklik deur ‘n redelike sterk wind vergesel word, en is ‘n ysige 14 grade maksimum temperatuur vir Parys vir vandag, Maandag 2 Julie voorspel.

Môre kan ‘n minimum van 0 grade en maksimum van 15 grade verwag word.

Teen Woensdag tel die temperatuur nog ‘n graad op met ‘n minimum van 1 grade en maksimum van 16 grade.
Maak dus maar seker dat plante wat gevoelig is vir koue, behoorlik beskerm word teen swartryp.

Onthou asseblief ook julle diere wat buite slaap. ‘n Ekstra kombersie of twee sal sekerlik welkom wees vir die vierpotiges!

En kry solank die nodige bestanddele vir ‘n lekker bredie, boontjiesop, pannekoek en melkkos!

Related Articles

Back to top button