NewsNews

Gedenkdiens vir vermoorde oupa dié week gehou

Gedenkdiens dié week gehou.

Die gedenkdiens van die 77-jarige Pierre Lotz wat Sondag 24 Junie tragies tydens ‘n huisroof gesterf het, sal Woensdag 4 Julie om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente in Parys gehou word.
Wie ookal vir die daad verantwoordelik was, het verlede Sondag in die oggendure deur die dak toegang gekry tot die Lotz-egpaar se huis in President Krugerstraat, en is waarskynlik deur Pierre in die sitkamer betrap waar hy ook gesterf het.
Die moordenaar is weer by die kombuisdeur uit sonder dat iets noemenswaardig gesteel is.
Pierre het waarskynlik die slag gehoor toe die inbreker deur die dak op die kombuistafel geval het. Hy het op pad kombuis toe nog die paniekknoppie van die alarm geaktiveer. Parate en besorgde bure het onmiddellik op die alarm gereageer.
Pierre se vrou, Maggie wat nog herstel het van ’n operasie, was in die slaapkamer en is ongedeerd.
In die tragiese ure wat na sy dood sou volg het mense met soveel teerheid na die familie uitgereik. Kinders wie kort tevore nog by hul ouers die Saterdag gekuier het, en net ure later moes hoor dat hul pa skielik en sonder waarskuwing van hul weggevat is.

Dankie aan elkeen wat sedert Sondag  op soveel maniere na die familie uitgereik en hulle ondersteun het. Dit beteken baie.

Pierre was ‘n groot steunpilaar in die gemeenskap wat nie net as hoofouderling in die NG Moedergemeente gedien het nie, maar ook op die bestuur van Najaarsrus en by die Alzheimer Ondersteuningsgroep waardevolle werk gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button