NewsNews

Hou die komberse byderhand: Kragtoevoer eers môre herstel

Kragtoevoer na dele van Parys dalk eers moremiddag herstel.

Die Ngwathe munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, het pas bevestig dat kragtoevoer na dele van die dorp wat steeds sonder krag sit, waarskynlik eers moremiddag herstel sal wees.

Naale het gesê dat Parys toenemend voor die uitdaging staan van diefstal van komponente in die elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk wat die rede is waarom groot dele van die dorp al die heel dag (Saterdag 30 November) sonder krag sit.

Strate wat hierdeur geaffekteer word is Delver, Breë, Steytler, Kort, Boom, End, Derdelaan, Noorder, Schutte, Tweedelaan en omliggende strate.

Koper is Vrydagaand 29 Junie by 2 mini-substasies gesteel wat eenvoudig oopgebreek is en die rede vir die kragkrisis is. Parte vir die herstelwerk sal eers môre beskikbaar wees.

Dit beteken dat baie inwoners vannag en waarskynlik nog die grootste gedeelte van Sondag ook sonder krag sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button