NewsNews

Drie vas danksy uitmuntende spanwerk

Drie mees gesoekte misdadigers wat moontlik met verskeie misdaadsake in nie net die Koppies-distrik verbind word nie, is die afgelope naweek in die omgewing van die Rooipoortjie-plotte in die Koppies-distrik langs die R720, en naby die N1, in hegtenis geneem.

Beslag is ook gelê op ’n vuurwapen met verskeie ammunisie en ’n mes. Inligting sal nou opgevolg word oor items, waaronder  kraggereedskap, gasbottels en rekenaars wat ook gekry is. Lede van die Vredefort/Koepel Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het na aanleiding van die arrestasie gesê dat die optrede ’n  moontlike plaasaanval afgeweer het.
Daar was groot lof vir die samewerking met die polisie van beide Koppies en Vredefort, die CIG-span, die taakspan, TRT-span, PKRS-span, die lugvleuel en lede van verskeie GPF, Landelike Veiligheid en Plaaswagspanne van Vredefort, Koppies, Parys, Heuningspruit en Meyerton, tesame met private honde hanteerders, private helikopters en vliegtuie, die NG Kerk Weltevrede Koppies, Koppies-inwoners wat ondersteuning aan die spanne gebied het met kos, water en koeldrank, en die belangstelling van beide die Vrystaatse en Transvaalse Landbou Unies, wat almal bygedra het tot die sukses.
* Die VF Plus het egter die week sy skok uitgespreek oor die vlaag plaasmoorde wat die land die afgelope naweek beleef het, en het die “stilswye daaroor van president Cyril Ramaphosa en die minister van polisie, Bheki Cele,” as teleurstellend beskryf.
Die drie mans wat die naweek vermoor is, is mnre. Jeffrey Zetler (62) van die plaas Mooiberge buite Stellenbosch, Kallie Schoonraad (47) van Rustenburg en Peter Dawson (64) van Hartbeespoort. “Die minister van polisie het onlangs gesê dat rooftogte by huise as deel van die trio-misdade nou ʼn prioriteit vir die polisie is.”
“Die VF Plus se standpunt hieroor is dat ʼn plaasaanval, en daarom plaasmoorde, in dieselfde kategorie as ’n huisroof in ‘n stad of dorp gesien kan word, en daarom dieselfde fokus en prioriteit van die polisie behoort te geniet,” sê die party.
“Die party gaan ‘n skrywe rig aan pres. Ramaphosa om te vra dat daar ʼn kommissie van ondersoek na plaasmoorde aangestel word, en sal ook ʼn dringende vergadering met die minister van polisie aanvra om hom te versoek om plaasmoorde as prioriteit te hanteer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button