NewsNews

Vyf feite oor inbrekers wat jy moet weet

Inbrekers is geslepe - hier is wat jy moet weet.

 

Hier volg vyf feite oor inbrekers:

  1. Sommige inbrekers is hoogs intelligent

Baie inbrekers is in der waarheid skerpsinnig en nie-diskriminerend. Sommige sal hulle tyd neem om huiseienaars se roetines te bestudeer voordat hulle ʼn poging aanwend om die eiendom te infiltreer. Hulle sal vertroud raak met jou skedule en patrone en toeslaan wanneer hulle weet niemand is tuis nie.

 

  1. Inbrekers hou nie van konflik nie

Die meeste inbrekers wil nie in ʼn fisiese konfrontasie met ʼn huiseienaar betrokke raak nie. Hy sou graag eerder stilweg insluip terwyl die eienaar gedurende die dag by die werk is. Jy mag dit oorweeg om die TV of radio aangeskakel te hou wanneer niemand tuis is nie om die illusie te skep dat daar iemand in die huis is.

 

  1. Inbrekers slaan nie altyd snags toe nie

Baie huiseienaar neem aan dat inbrekers nie braaf genoeg is om gedurende die dag by ʼn huis te probeer inbreek nie; dit is ʼn ongelukkige aanname. Inbrekers is in der waarheid meer geneig om in die dag in te breek wanneer die meeste mense by die werk is. Hulle doen hulle voor as werkers wat onderhoud doen en breek reg onder die buurman se neus in.

 

  1. Inbrekers sal jou spaarsleutels vind

Sommige huiseienaars dink hulle is nogal slim om hulle spaarhuissleutels binne in nagemaakte rotse of onder ʼn stapel brandhout weg te steek. Die waarheid is dat om enige spaarsleutel buite jou huis te laat ʼn kritieke flater is. Inbrekers ken hierdie truuks en weet presies waar om vir weggesteekte spaarsleutels te soek.

 

  1. Inbrekers soek maklike toegang tot jou huis

Inbrekers sal die maklikste toegang tot jou huis vind, of dit nou ʼn oop venster, ʼn garagedeur wat oopgelos is of ʼn hondedeurtjie is. Sommige inbrekers teiken spesifiek huise met hondedeurtjies want dit is ʼn vinnige en maklike manier om toegang tot die binnekant van die huis te kry.

Oorspronklike berig: Solidariteit

 

 

Related Articles

Back to top button