NewsNews

Dit het jy nie geweet nie: Kortste straat met net 1 huis

Gewonder waar die kortste straat in Parys is met net 1 huis? Lees hier.

Watter straat in Parys sou jy sê is die kortste?

Brodielaan het net 1 huis en is die dorp se kortste straat.

Dr. T D Brodie was Parys se eerste mediese dokter. Hy het in ‘n tent gewoon op die h/v Kerk en Kruissraat waar Eureka melkery destyds was. Dr Brodie se hele gesin was ook in Parys en hy is hier begrawe.

  Dr. Brodie en sy gesin voor hul huis. Die foto is in 1904 geneem.

Sy seun Benjamin F A Brodie, was ‘n kunstenaar  en is gebore in Parys in 1895.

Hy het na sy skoolloopbaan by Grey Kollege, en tersiêre opleding in Bloemfontein, skoolgegee vir ‘n aantal jare by Potchefstroom Boys High. Hy was later ook Pretoria Boys High se eerste kunsonderwyser. In 1937 word hy hoof van die kunsdepartement by die Teachers Training College in Potchefstroom en tree in 1945 af in Kaapstad.

Hy het sy hele lewe aan sy skilderwerk gewy en nooit getrou nie.

Naas sy skildertalent was hy ook ‘n bas solis in die Kaapstadse Munisipale Orkes.

Benjamin is in die ouderdom van 74 jaar in 1969 oorlede.

In die Parys-museum hang een van sy eerste skilderwerke van die Mimosa Tuine se sogenaamde “Mix”wat aangekoop is teen 25 ghiemes (ongeveer R52,50).

 

 

Related Articles

Back to top button