CommunityPhoto Galleries

Potjiekos, lekker, lekker, potjiekos

Is jy ‘n potmaker van formaat? Kom wys jou staal by die sakekamer se potjiekos kompetisie.

Die Potch-Tlokwe Sakekamer is op soek na die beste potmaker in die stad.
Om dit te doen hou hulle Saterdag 28 Julie ’n potjiekos-kompetisie en spanne kan inskryf teen R200 per span (vyf lede per span).
Etekaartjies is te koop teen R50, bring net eie eetgerei soos borde, messe en vurke.
Dit vind plaas by Lekwena Wildlife Estate en om 12:00 kan spanne vure aansteek.
Beoordeling vind om 17:00 plaas.

Potmakers moet eie rou bestanddele, hul eie pot en gazebo voorsien. Die Sakekamer voorsien hout en dromme vir die vuur. Daar is ’n kontantkroeg en baie pryse op die spel! Skryf gou in, daar is slegs plek vir 20 potte. Vir meer inligting oor die reëls en inskrywingsvorms, skakel Willa by 071 608 8775 of e-pos info@potch-tlokwe.co.za.
Intussen het die Sakekamer nog lede bygekry, naamlik Hollard en Homegrown.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button