NewsNews

“R59 nou ’n terreur-situasie”

“Dit is kommerwekkend dat die polisie nog geen arrestasies kon maak vir die chaos op die R59 nie, selfs al is foto’s en videomateriaal van sommige van die oortreders reeds aan die polisie oorhandig.”

Só het die VF Plus vandeesweek in ’n  verklaring gesê.
Die party sê hy het vanuit ‘n politieke oogpunt maande gelede al ‘n griefskrif hieroor aan mnr. Bongani Baloyi, burgemeester van Midvaal, oorhandig. Mnr. Baloyi se reaksie op die griefskrif was onbevredigend.
Die VF Plus het dié griefskrif ook by die Gautengse wetgewer ingedien, maar dit het tot nou toe nog nie voor die verantwoordelike komitee gedien nie.
“Die gewelddadige situasie by die R59 is ‘n tipiese voorbeeld oor hoe gewone landsburgers daagliks van hul regte ontneem word.”
“Dit is duidelik dat die DA en die ANC in Midvaal om politieke redes nie wil optree teen die oortreders nie omdat dit hulle ongewild kan maak met die aanloop tot aanstaande jaar se nasionale verkiesing,” sê die VF Plus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button