NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se seuns; Alles is weer nuut

As daar een ding is wat ek nou wragtig geleer het, is dat elke kind anders is.

As daar een ding is wat ek nou wragtig geleer het, is dat elke kind anders is.
Al het ouboet dit eerste gedoen is dit steeds ’n nuwe ervaring as kleinboet iets vir ’n eerste keer doen.
So het Callum oor die naweek vir die eerste keer ’n bietjie pap geproe. Dit het my laat dink aan die eerste keer wat Aiden pap geëet het. So besef ek dat alhoewel ons al reeds deur hierdie oefening was met Aiden, was dit van voor af ’n belewenis. Aiden het pap en ander kos begin eet sonder te veel van ’n stryd. Alhoewel hy ook maar met ’n groot gemors die pap in sy lyf gekry het, het hy ten minste gesluk. Callum aan die ander kant was nie juis seker wat om met die goed in sy mond te doen nie. Bietjie pruim, bietjie spoeg maar sluk was ’n gesukkel. Hy het die smaak geniet aangesien hy amper elke keer vir die lepel geduik het, maar na dit in sy mond is, het hy maar verward gelyk.
Hulle is twee heel verskillende kinders, Aiden het maklik geslaap as baba, Callum vat sulke 30 minuut “powernaps”. Aiden was minder gepla oor die geraas rondom hom. Callum het meer stilte nodig vir slaap en drink. Nou probeer mens ’n driejarige Aiden stilhou terwyl sy boetie moet slaap. Dit is soos hulle sê, “Mission Impossible”

So terwyl Aiden die klimraam en balansbalk aandurf, is Callum se uitdaging om te probeer uitvind wat om met die pap in sy mond te doen.
Hulle is anders, daarom is alles wat hulle doen uniek en vir ons as ouers steeds ’n eerste wat van voor af gevier word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button