NewsNews

Oupa (62) sterf in gru-ongeluk op pad huis toe

’n 62-jarige oupa is Maandagaand omstreeks 19:00 dood na ’n kop-aan-kop-botsing op die Parys-pad.

’n 62-jarige oupa is Maandagaand omstreeks 19:00 dood na ’n kop-aan-kop-botsing op die Parys-pad.

Mnr. Billy Dednam is dood nadat sy voertuig met ’n bakkie gebots het op dié pad naby Rooipoortjie. Die bestuurder van die bakkie is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Die pad was vir ’n wyle gesluit terwyl die nooddienste op die toneel besig was. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het Dednam op die toneel beswyk.

“Dit voel nog so onwerklik, my oom bly al jare lank in Potchefstroom. My oom was ’n liefdevolle mens, altyd reg vir ‘n grappie. Hy het ’n wonderlike persoonlikheid gehad. Hy was altyd bereid om enige iemand te help,” vertel Cathy Rossouw, mnr. Dednam se susterskind.

Volgens Rossouw was hy op pad huis toe nadat hy sy vrou, Annatjie, by die hospitaal waar sy werk afgelaai het toe die ongeluk gebeur het. Hy word oorleef deur sy vrou, twee seuns, ‘n dogter en drie kleindogters.

Die bakkie waarmee mnr. Dednam se voertuig gebots het. Foto: ER24
Die bakkie waarmee mnr. Dednam se voertuig gebots het. Foto: ER24
Mnr. Billy Dednam (62), wat in ‘n ongeluk dood is. Foto: verskaf
Mnr. Billy Dednam (62), wat in ‘n ongeluk dood is. Foto: verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button