SportSport

Hulle hou veerpyltjie-naam hoog vir Parys

Parys Palm Court veerpyltjiespelers het die Noord-Vrystaat verteenwoordig op 2 en 3 Junie in Welkom, vir die laaste Vrystaat en President Toernooi vir 2017/18.

In die individuele enkels-afdeling het Okkie van der Merwe uitstekend gevaar en die Dames Enkels-afdeling van die toernooi gewen toe sy haar opponente behoorlik onder die stof gespeel het.
Ockert Grobler het op sy beurt tot by die semi-finaal van die mans enkels gevorder, waar hy 1-2 verloor het teen Thabo van Bloemfontein. Ockert het egter die meeste voltalle (180’s) vir die toernooi gegooi.
Wat Okkie se prestasie so besonders maak, is dat sy verlede jaar eers begin het om veerpyltjies te speel.
Haar man Danie, is ’n kranige veerpyltjiespeler, en het ná ’n rusperiode weer begin speel toe die egpaar Parys toe getrek het.
Dit is hier waar die pyltjiegogga vir Okkie ook gebyt het.
Sy het vanjaar al verskeie mylpale bereik en was ook die dubbels wenner en lid van die span wat goud gekry het tydens ’n  Vrystaatse toernooi in Harrismith.
Hierbenewens is sy die Noord-Vrystaat vrouespan se reserwe vir die nasionale kragmetings van 7 tot 14 Julie, waar Danie en Ockert ook die Noord-Vrystaat sal verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button