NewsNews

Polisie red baba (1) wat ure alleen in woonstel is

Die polisie het Maandagmiddag omstreeks 17:00 ’n babaseun uit haglike omstandighede gered.

Potchefstroom – Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is hulle deur mense wat in ’n woonstelblok in Walter Sisulu-straat woon, geskakel.
Hulle het gesê daar is ’n baba in een van die woonstelle wat onophoudelik huil. Manyoba sê die vrou wat hulle geskakel het, het gesê die baba huil al sedert die vroeë oggendure.
Volgens Manyoba het polisiebeamptes toegang tot die woonstel verkry.
Dit was baie donker en baie vuil.
Die baba se doek was nat en dit was duidelik dat die baba, wat maar ‘n jaar oud is, nie in ’n goeie fisiese toestand was nie.
Die polisiebeamptes het maatskaplike werkers in kennis gestel, waarna hy hospitaal toe geneem is om ondersoek te word.

Related Articles

Back to top button