NewsNews

Polisie trek 8 vas, lê beslag op vuurwapens

Drie onwettige vuurwapens is Dinsdagaand deur die polisie in Tumahole gekonfiskeer.

Agt mans is Dinsdagaand deur die Tumahole misdaadvoorkomingseenheid by ‘n huis in Tumahoel in hegtenis geneem nadat daar vermoed is dat dagga by die huis verkoop word.
Die arrestasie het gevolg nadat polisielede tydens patrolliediens ‘n verdagte man opgemerk en dagga in sy besit gekry het. Dit het hulle gelei na ‘n huis waar nog vier mans gekry is, en ‘n versteekte 38 Special rewolwer, 9mm Norinco pistool, en 9mm Norinco NZ75 pistool met ammunisie.
Al vyf mans is inhegtenis geneem. Terwyl die polisie nog besig was by die huis het nog drie mans die huis binnegekom. Aldrie is onwettige immigrante van Lesotho.
Die 8 verdagtes tussen die ouderdom van 20 en 25, sal aangekla word vir onder meer klagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens en onwettige immigrante. Hulle sal binnekort voor die Parys Distrikshof verskyn.
Die Vrystaatse Provinsiale Kommisaris, luitenant-generaal Moeketsi Sempe, het polisielede geloof vir hul optrede, en die gemeenskap aangemoedig om inligting aan die polisie deur te gee.

Related Articles

Back to top button