NewsNews

Polisie trek 8 vas, lê beslag op vuurwapens

Drie onwettige vuurwapens is Dinsdagaand deur die polisie in Tumahole gekonfiskeer.

Agt mans is Dinsdagaand deur die Tumahole misdaadvoorkomingseenheid by ‘n huis in Tumahoel in hegtenis geneem nadat daar vermoed is dat dagga by die huis verkoop word.
Die arrestasie het gevolg nadat polisielede tydens patrolliediens ‘n verdagte man opgemerk en dagga in sy besit gekry het. Dit het hulle gelei na ‘n huis waar nog vier mans gekry is, en ‘n versteekte 38 Special rewolwer, 9mm Norinco pistool, en 9mm Norinco NZ75 pistool met ammunisie.
Al vyf mans is inhegtenis geneem. Terwyl die polisie nog besig was by die huis het nog drie mans die huis binnegekom. Aldrie is onwettige immigrante van Lesotho.
Die 8 verdagtes tussen die ouderdom van 20 en 25, sal aangekla word vir onder meer klagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens en onwettige immigrante. Hulle sal binnekort voor die Parys Distrikshof verskyn.
Die Vrystaatse Provinsiale Kommisaris, luitenant-generaal Moeketsi Sempe, het polisielede geloof vir hul optrede, en die gemeenskap aangemoedig om inligting aan die polisie deur te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button