NewsNews

Waterkrisis: Water eers later terug in krane

Voorlopige aanduidings is dat Parysenaars vir nog n paar uur sonder water sal wees.

Meeste areas behoort eers laat vanaand water te hê en sekere dele dalk eers môre.

Die munisipaliteit is feitlik klaar met herstelwerk aan die gebreekte pyplyn waarna pompwerk na die opgaardamme sal begin.

Om die damme vol te kry kan egter tot 8 ure neem. Gevolglik word voorsien dat daar eers laat vanaand water vir Parysenaars in die krane sal wees.

Dele van die dorp is al sedert Donderdag sonder water, terwyl meeste inwoners van Vrydag af die waterkrisis begin beleef het.

Die krisis volg nadat die kontrakteur wat aan die rioollyn werk die waterpyplyn tussen Tumahole en Basa Park raakgeboor het. Na verneem is die waterpyplyn op 2 plekke beskadig en is die skade na verneem aan die munisipaliteit gerapporteer.

Dit blyk egter dat daar net 1 pyplek deurgegee is en dat die munisipaliteit gevolglik eers vanoggend kon aandag gee aan die tweede pyplek.

Intussen is drinkwater deur We Care vrywilligers by die Sonskyn Tehuis en Goue Jare afgegee en watertenks volgemaak, terwyl vars drinkwater ook by die NG Suid-gemeente en deur Saal de Jager aan die gemeenskap beskikbaar gestel is.

Gazette sal inwoners op hoogte hou sodra meer inligting oor die waterkrisis bekend is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button