Die R59-snelweg by Vereeniging was vanaf omstreeks 06:00 vanoggend (15 Junie) vir ‘n tyd lank gesluit na ‘n botsing tussen ‘n sakeonderneming se bussie en ‘n Volkswagen Caddy.
Hoewel die ER24-medikopter ‘n pasiënt hospitaal toe vervoer het, is die toestand van die betrokkenes tans nog onbekend. Die botsing het net voor die Voortrekkerafrit, rigting Vanderbijlpark, plaasgevind. ER24-personeel, Emfuleni Brandweer en Emfuleni Verkeer was gou op die toneel om bystand te lewer en die beseerdes met “lewenskake” uit die wrakke te bevry. Emfuleni Verkeer moes bontstaan om die druk oggendverkeer te reguleer en die pad tydelik te sluit sodat die medikopter kon land. Foto: Chris Smuts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.