NewsNews

Hoekom werkers by Eskom wil staak: Dit is wat jy moet weet

Sou Eskom-werknemers staak, sal dit ‘n onwettige staking wees, omdat kragvoorsiening as noodsaaklike diens verklaar is. Op hierdie stadium is dit werkers van die mynwerkersvakbond NUM en die metaalwerkersvakbond Numsa wat by Eskom wil staak. Werkers wat aan die vakbond Solidariteit behoort, sal nie staak nie, maar Solidariteit het ‘n dispuut met Eskom  verklaar en …

Sou Eskom-werknemers staak, sal dit ‘n onwettige staking wees, omdat kragvoorsiening as noodsaaklike diens verklaar is.

Op hierdie stadium is dit werkers van die mynwerkersvakbond NUM en die metaalwerkersvakbond Numsa wat by Eskom wil staak. Werkers wat aan die vakbond Solidariteit behoort, sal nie staak nie, maar Solidariteit het ‘n dispuut met Eskom  verklaar en wag vir ‘n arbitrasiedatum.

Die rede wat aangevoer word waarom werkers wil staak, is uit protes omdat Eskom aangedui het dat daar vanjaar geen loonverhogings sal wees nie, as gevolg van die geldkrisis waarin Eskom hom bevind.

Voorlopige aanduidings is dat NUM en Numsa van Donderdag tot Sondag met “rollende aksie” wil staak, en sal ‘n memorandum hieroor glo more aan die Eskom-bestuur gegee word.

Tot dusver is nog net by enkele kragstasies se ingange motorbrande gebrand, maar nog geen saakbeskadiging by kragstasies self nie.

Eskom het reeds aangedui dat hy gebeurlikheidsplanne in plek het sou werkers oorgaan tot protesaksies.

Mense is gewaarsku om versigtig te wees vir paniekboodskappe op sosiale media, maar eerder betroubare bronne te raadpleeg vir die korrekte feite rondom die Eskom-situasie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button