NewsNews

En hier moet jy ry…

Sowat 50 verteenwoordigers uit 3 provinsies van onder meer die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer, die myne, grondeienaars, verteenwoordigers uit die toerismebedryf, die Vaal Eden Brandvereniging, Ngwathe munisipaliteit, landbou, omgewingsake en ontwikkeling, en selfs die komitee wat gemoeid is met die oprig van padtekens, het verlede week by Vintage Yard Wedding Venue bymekaar gekom om verskeie brandpunt kwessies te bespreek en saam na oplossings te soek.

Een van die kwessies wat bespreek is, was die haglike toestand van die Vaal Eden-pad, of te wel die S171. Hoewel daar aanduidings was dat daar vandeesweek met herstelwerk van slaggate op die pad begin sou word, was daar teen Dinsdag nog geen teken van die beloofde herstelwerk nie.
Aanbevelings oor die herstel van dié haglike pad is reeds in ‘n verslag in Julie 2017 gemaak,  en die hoop is nou dat daar werk gemaak sal kan word van dié aanbevelings met samewerking wat alreeds deur die Land Care forum gekry is van die onderskeie rolspelers.
Sedert die laaste inspeksie wat deur die departement in April op die S171 gedoen is, is daar nog verdere agteruitgang van die padoppervlakte gewees. Van die skuld vir die agteruitgang word deur grondeienaars langs dié sekondêre pad, voor die deur van die sandmyn-ontwikkelaars in dié omgewing gelê wat beweer dat mynaktiwiteite ’n toename in verkeer van swaarvoertuie op die pad gebring het.
By die Land Care vergadering is gerapporteer oor die skade aan bande en selfs van voertuie wat al op die pad afgeskryf is – nie net weens die slaggate nie, maar ook as gevolg van toegegroeide padskouers en swak sigbare padtekens. Van die padtekens wat waarsku teen slaggate langs die pad, is onder meer die naweek deur vandale verwyder, maar later Maandagmiddag teruggesit.
Naas die herstel van die slaggate op die pad, is daar ook by die vergadering aangedui dat aandag aan die padoppervlakte gegee sal moet word vir beter dreinering, asook die kwessie van  die hoë volume swaar voertuie op die pad. ‘n Paaie-inspekteur van die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer, Tshidi Nakedi, en haar twee kollegas was met inspeksie van die S171 in April vanjaar, geskok oor die toestand van die pad. Verskeie leemtes met betrekking tot padtekens en omheinings is toe ook uitgewys.
Grondeienaars langs die pad sê hulle is meer as gewillig om te help met herstelwerk aan die pad en om die padskouers skoon te maak, maar wil eers vrywaring van die departement hê alvorens hulle werk aan die pad of padskouers. Om vrywaring te kry moet aansoek gedoen word, en ook dit kan tyd vat.
Intussen moet motoriste daagliks van die pad gebruik maak met sy krokodilkrake en gate, wat veral snags en in reën- en misweer baie gevaarlik is as sig swak is. Van die aanbevelings wat gemaak is, sluit in om die padskouers  reg en skoon te maak veral voor die reën en brandseisoen, dreinering reg te kry, veiligheidsreëlings aan te bring, stormwaterpype skoon te maak, padtekens te vervang, bome en bosse op padskouers uit te haal, en die slaggate te herstel, terwyl die pad op die langtermyn geseël en padmerke geverf moet word.

Waarskuwingsborde wat motoriste vertel wat op hul wag.
En Maandag het vandale van die borde afgehaal, maar is dit Maandagmiddag weer teruggesit.
‘n Inspeksie wat in April vanjaar op die pad gedoen is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button