NewsNews

Ligte brand nog

Eskom sê gebeurlikheidsplanne is in plek en dat daar krag sal wees solank as wat daar nie probleme by enige kragstasies is nie. 

Eskom is die enigste organisasie in die land wat beurtkrag kan aankondig, nie eens munisipaliteite het die outoriteit daarvoor nie.

So het Eskom gereageer in reaksie op gerugte wat Dinsdag wyd versprei is dat daar glo vandag (Woensdag 13 Junie) geen krag in die land sal wees nie.

Stemboodskappe en Facebook-inskrywings is versprei waarin mense aangeraai is om noodplanne te maak vir onder meer nie-bederfbare voedsel en kerse met die oog op die “nasionale stilstand”.

Die gerugte het gevolg na aanduidings dat Eskom-werkers vandag sou begin staak het uit ontevredenheid omdat hul vanjaar geen salarisverhogings sal ontvang nie.

Volgens Eskom-woordvoerder Khulu Phasiwe, wat die gerugte dat Eskom vandag die ligte gaan afsit, as onwaar bestempel het, sal Eskom alles in sy vermoë doen om seker te maak die ligte bly brand.

Eskom het ook sy werknemers herinner dat hulle nie mag staak nie omdat Eskom ‘n noodsaaklike diensverskaffer is.

Phasiwe sê Eskom sal sy gebeurlikheidsplanne bevestig sou daar protesoptrede wees, juis om seker te maak daar is elektrisiteitstoevoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button