NewsNews

Drie voertuie in ongeluk op Barrageweg

Drie voertuie in ongeluk op Barrageweg

VANDERBIJLPARK. – Drie voertuie was vanoggend 12 Junie in ‘n ongeluk betrokke op die Barrageweg R42 tussen Frikkie Meyer Boulevard en Louis Trichard Boulevard.

Die ongeluk het net voor 08:00 gebeur toe ‘n bakkie vermoedelik teen die agterkant van ‘n Kia gebots het wat op sy beurt die Toyota voor hom gestamp het. ER24 Paramediese personeel was op die toneel maar daar was gelukkig geen beserings.

Die R42 word tans opgegradeer en die werk sloer nou al ‘n geruime tyd. Volgens inligting moet die stuk pad teen 1 Julie voltooi wees. Die verkeer word elke spitstyd ontwrig met veral vragmotors en busse wat die roete gebruik.

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button