NewsNews

Drie voertuie in ongeluk op Barrageweg

Drie voertuie in ongeluk op Barrageweg

VANDERBIJLPARK. – Drie voertuie was vanoggend 12 Junie in ‘n ongeluk betrokke op die Barrageweg R42 tussen Frikkie Meyer Boulevard en Louis Trichard Boulevard.

Die ongeluk het net voor 08:00 gebeur toe ‘n bakkie vermoedelik teen die agterkant van ‘n Kia gebots het wat op sy beurt die Toyota voor hom gestamp het. ER24 Paramediese personeel was op die toneel maar daar was gelukkig geen beserings.

Die R42 word tans opgegradeer en die werk sloer nou al ‘n geruime tyd. Volgens inligting moet die stuk pad teen 1 Julie voltooi wees. Die verkeer word elke spitstyd ontwrig met veral vragmotors en busse wat die roete gebruik.

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button