NewsNews

Twee voetgangers en bestuurder sterf op die R59

Die polisie en verkeersowerheid ondersoek die omstandighede van die ongeluk wat gisteraand (Sondag 10 Junie) die lewe van twee voetgangers en ‘n motorbestuurder geëis het.

Die voetgangers, albei wit mans wat in oorpakke en veiligheidstewels geklee was, het vermoedelik die pad naby die R42-afrit na Vanderbijlpark gekruis toe hulle deur die Toyota Corolla getref is. Een van die mans wat deur die windskerm geslinger is, het met impak ook die bejaarde motorbestuurder getref. Aldrie het vermoedelik op slag gesterf

Dit is nog nie bekend of die twee voetgangers op pad werk toe was, of van die werk af teruggekom het nie.

Die name van die oorledenes sal uitgereik word sodra almal se families in kennis gestel is.

Vaalweekblad se innige meegevoel aan die betrokke families en vriende.

(Foto’s: Chris Smuts & Rudy Francis)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button