Photo GalleriesSport

Sterkte vir Parys se langasems by Comrades 2018

Baie sterkte aan die Parysenaars, Marcell Alberough, Stephanie Heathcote en Lungile Kulashe wat dié naweek aan die 2018 Comrades marathon sal deelneem.

Vanjaar se Comrades is ’n  sogenaamde “af” wedloop wanneer atlete die 90,1km van Pietermaritzburg na Durban sal hardloop.
Die Comrades wat beskou word as een van die oudste en grootste ultramarathons, het ontstaan toe oorlogveteraan, Vic Clapham, die marathon in 1921 begin het om gesneuwelde soldate te vereer wat tydens die oorlog omgekom het.
Dié marathon is tydens die Tweede Wêreldoorlog gestaak maar daarna weer voortgesit.
Aan die begin kon net mans deelneem. In 1975, toe die marathon 50 jaar oud was, is vroue vir die eerste keer toegelaat om deel te neem.
Frances Hayward was die eerste nie-amptelike vroue deelnemer in 1923.
Ná 1975 is beslis dat deelnemers eers moet kwalifiseer voordat hulle kon deelneem.
Die beste tyd wat tot nou toe aangeteken is, is die Russiese atleet Leonid Shvetsov, wat in 2008 die wedloop voltooi het in ’n tyd van vyf ure en 24 minute. Die beste tyd vir vroue is ook deur ’n  Rus aangeteken. Elena Nurgalieva het in 2006 die wedloop in ses ure en nege minute voltooi.


Die rigting van die wedloop word jaarliks afgewissel tussen ’n  “op” wedloop wat in Durban wegspring en effe korter is as die “af” wedloop vanaf Pietermaritzburg.
Wat die meeste van dié marathon uitstaan is die gees van kameraadskap, selfopoffering, toewyding en uithouvermoë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button