NewsNews

Verhoor eers in 2019 hervat

Finale hofdatums is vandag, Vrydag 8 Junie, in die Hoë Hof in Parys, vasgestel vir wanneer die verhoor van Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen, Miela Jansen van Vuuren, kapt. Henk Prinsloo, Anton Loggenberg en Cor Loggenberg sal hervat

Die ses staan tereg op klagte van moord na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda.
Regter Corné van Zyl het gesê dat die verhoor van 28 Januarie tot 15 Februarie 2019 in die Hoë Hof in Parys sal hervat, en dan weer van 4 tot 8 Maart 2019.
Die ses sal ook weer op 30 Julie vanjaar voor die hof verskyn vir finale bevestiging van die beskikbaarheid van die regspan wat nou namens die ses sal verskyn op die vasgestelde verhoordatums, asook om uitslag te kry van ’n  appélbeslissing van die Regshulpraad wat namens kapt. Henk Prinsloo ingedien is.
Prinsloo se aansoek om regshulp is vroeër afgekeur en is die appélaansoek ingedien.
Die staat het Vrydag aangedui dat al die ander beskuldigdes met die uitsondering van Prinsloo, regsverteenwoordiging gekry het, nadat lede van die regspan in Mei van die saak onttrek het.

Die staat het reeds sy saak gesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button