NewsNews

Een dood, twee beseer na sloot inval

’n Man is dood en ’n ander beseer nadat ’n sloot wat hulle gegrawe het, op hulle ingeval het.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is Pogiso Ratikwane (37) Maandag (4 Junie) omstreeks 17:00 op die toneel dood verklaar. Volgens ‘n verklaring van ER24, het twee ander mans  wat by die voorval betrokke was oorleef.
Hulle is is met geringe beserings deur ER24 na die Potchefstroom-hospitaal geneem.
Die brandweer is ontbied om die twee te help bevry.
Die mans was glo besig om ’n sloot te grawe waar waterpype gelê word.
Volgens Chaka is ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button